Uitgelekte diensbeskikbaarheidsyfers vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, of die SANW, toon dat die land se weermag in geen posisie is om troepe te ontplooi om burgerlike onrus te takel nie. BusinessTech berig data en inligting wat deur Rapport ontbloot is, dui daarop dat verskeie SANW-basisse nie eens brandstof vir voertuie kan bekostig nie. Luidens die verslag is 75 persent van die lugmag se vliegruie glo tans op die grond weens ’n gebrek aan onderdele en brandstof. ‘n Man van Bloemfontein wat sy militêre diensplig in die tagtigerjare by die Valskerm-bataljon in Bloemfontein voltooi het, het aan Rosestad-nuus gesê die toedrag van sake is iets om oor te ween. Hy glo die trots wat daarmee saamgehang het om deel van die weermag te wees, is nou vir altyd iets van die verlede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×