Die Suid-Afrikaanse Wind-energievereniging wil hê internasionale kundiges moet 23 ondernemings red, wat krag deur wind-energie opwek.
Dié 23 ondernemings was onsuksesvol met aansoeke vir die regering se Hernubare Energie-program.
Meer as R100 miljoen is in die projekte belê.
Weens ‘n gebrek aan aansluitingskapasiteit tot Eskom se transmissienetwerk is hulle egter uitgelaat.
Die beleggers het staatgemaak op ‘n Eskom-verslag wat pertinent aangedui het dat hy genoeg netwerkkapasiteit het.
‘n Kenner het gesê een manier om hulle te red sou kon wees as Eskom sy aansluitingskapasiteit soos blits kon uitbrei.
Ongelukkig sal dit jare neem en sal politieke rompslomp waarskynlik ook die proses nog verder vertraag.
Die ander opsie is om die ondernemings finansieel te vergoed vir ontwikkeling om aan die vereistes vir die program te voldoen, asook die onkostes van die tenderproses.