Die Suid-Afrikaner Greg Minnaar het net-net uitgemis op ‘n podiumplek

Die Suid-Afrikaner Greg Minnaar het net-net uitgemis op ‘n podiumplek by die Wêreldbeker-byeenkoms vir afdraande ryers wat Sondag in Maribor, Slowenië plaasgevind het.

Minnaar kon slegs die 4de plek behaal maar diè prestasie sal hom baie selfvertroue gee voor die Wêreldkampioenskaps-byeenkoms wat die 25ste Augustus in Val di Sole, Italië begin.

Minnaar wat vir Santa Cruz Syndicate deelneem , is tans 6de op die Wêreldranglys.

Luister na potgooie hieronder