Die sukkelende Mangaung-metro in die Vrystaat funksioneer tans sonder permanente administratiewe en politieke leiers. Dit volg nadat die burgemeester en speaker van die raad verlede maand bedank het. ‘n Administrateur is steeds aan die stuur van sake. Die koukusleier van die DA in die raad, Johann Pretorius, glo die politieke onstabiliteit in die metro verhoed dat basiese dienste aan gemeenskappe gelewer word. Hy sê die metro is ‘n skip wat sonder kaptein vaar en Bloemfontein se inwoners ly daaronder.  Die DA het ook vroeër die week ‘n voorstel gemaak dat elke buurt sy eie befondsing kry en self basiese dienste lewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×