Die dokumentêr-vervaardiger Morgan Spurlock, wat beroemd is oor hy vir ‘n maand net McDonald’s – in die program Super Size Me – geëet het, is dood.

Sy familie in ‘n verklaring bevestig Spurlock is in die ouderdom van 53 in New York aan komplikasies van kanker dood. Sky News berig Spurlock het bekendheid verwerf met sy 2004-dokumentêr Super Size Me, waar hy 30 dae lank eksklusief by McDonald’s geëet het om die opkoms van vetsug in die VSA te ondersoek.

Teen die einde van sy eksperiment het hy beweer hy het 11,3 kg aangesit en aan depressie en lewerdisfunksie begin ly. Spurlock se dokumentêr is vir ’n Oscar genomineer. Dit het ook daartoe gelei dat McDonald’s in 2004 ophou om sy “supergrootte”-opsie aan te bied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×