Christo Niehaus, beter bekend as ‘die swart kat’, is in die ouderdom van 52 in sy slaap oorlede.

Niehaus is verlede week by sy huis in Dullstroom, in Mpumalanga, oorlede, met nuus wat nou eers op sosiale- en ander media versprei.

Niehaus het as kind in reekse soos Die swart kat, Kooperasiestories, Dada en die flower en Circles in a forest verskyn. Hy was ‘n kranige Hommeltuig-vlieenier en het sy laaste paar jaar vir Pam Golding gewerk.

Volgens plasings op Facebook word `n gedenkdiens word vir hom op 12 Julie gehou en Visser du Plessis, mede-akteur in Die swart kat, sal glo die diens bywoon en eer betoon aan hierdie legendariese akteur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×