Die taakspan wat in plek van die ontbinde uitvoerende komitee van die Vrystaat sal dien, moontlik later vandag bekend

Die Nasionale Werkkomitee van die ANC sal moontlik later vandag bekend maak wie in die taakspan gaan wees wat in plek van die ontbinde uitvoerende komitee van die Vrystaat sal dien.

Netwerk24 berig dat kenners van mening is dat niks sal verander as die fundamentele probleme soos kaderontplooiing nie aandag kry nie.

Luidens berigte is oud-president Kgalema Motlanthe betrokke om vrede tussen die twee ANC-faksies te probeer bewerkstellig.

Intussen het prof. Hussein Solomon, hoof van die departement politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat in
Bloemfontein gesê die ANC doen ‘n stoeledans op dié sinkende skip en baklei oor wie die leierskap moet oorneem.

Volgens DA-Leier in die Vrystaat, dr. Roy Jankielsohn, is daar een faktor in al die ANC se Vrystaatse binnegevegte en dit is Ace
Magashule, hy sê verder die ANC sal nie herstel nie en die enigste uitweg vir die Vrystaat is as die ANC by die stembus verslaan word.

Luister na potgooie hieronder