Ebrahim Patel, die minister van handel, nywerheid en mededinging, is vanoggend as lid van die parlement ingehuldig.

Sy inlywing as LP kom inderdaad ietwat kort voordat president Cyril Ramaphosa vanaand om sewe sy kabinetskommeling aankondig.

Netwerk24 berig Patel was een van twee ministers wie Ramaphosa van buite sy kabinet aangestel het.

Die ander is Enoch Godonwana, minster van finansies, wie verlede week ook as ANC-LP beëdig is.

Die tafel is dus nou gedek vir Ramaphosa om twee kandidate wat nie LP’s was nie, van vanaand af by sy kabinetstafel te laat aansit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×