Die Taliban sal in die komende week ‘n nuwe regering vir Afghanistan aanwys

Die Taliban sê hulle sal in die komende week ‘n nuwe regering vir Afghanistan aanwys.

Die groep se woordvoerder, Zabihullah Mujahid, het aan die nuusagentskap Reuters gesê die Taliban verwag dat die ekonomiese ontwrigting en skerp daling van die land se geldeenheid dan sal begin stabiliseer.

Hy het verder ‘n beroep gedoen op Amerika en ander Westerse moonthede om steeds diplomatieke bande met Afghanistan te handhaaf ná hulle onttrekking aan Afghanistan.

Dié ontruiming moet Dinsdag afgehandel wees.

Luister na potgooie hieronder