Die veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, het vanoggend in die landdroshof in Bloemfontein grappies met sy medebeskuldigdes in sy ontsnappingsaak gemaak.

Netwerk24 berig Bester en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana, het langs mekaar in die beskuldigdebank gesit.

Dié twee het mekaar laas op die Lanseria- lughawe in Johannesburg gesien nadat hulle in April in Tanzanië in hegtenis geneem is.

Landdros Estelle de Lange het die saak tot Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Bester het in Mei verlede jaar uit die Mangaung-tronk ontsnap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×