Die Vrystaat se 2024 top twee presteerders hoef hulle nie verder oor die jaar se studiegeld te bekommer nie, aangesien die Kovsie-Alumni-Trust (KAT) hulle las ligter gemaak het.

Die trust het aan Netwerk24 bevestig hulle Susan Bender, die Vrystaat se topmatrikulant en Chris Goosen se studiegeld aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) vir die jaar betaal.

Beide van hulle studeer tans medies aan die UV.  Volgens KAT se voorsitter, Kathy Verwey, het die trust besluit om hulle te help nadat hulle van die “traagheid van die Vrystaatse regering om welverdiende beurse aan die twee toe te ken” bewus geraak het.

Sy beklemtoonook dat die bydrae geensins as ‘n beurs gesien moet word nie en dat dit ook nie die premiersbeurs vervang nie.

error: Inhoud is beskerm !!