Die Toyota Cheetahs en Cell C Sharks het ‘n ooreenkoms bereik

In ‘n gesamentlike media verklaring wat Woensdag deur die Toyota Cheetahs en Cell C Sharks uitgereik is, het die twee franchises ‘n ooreenkoms bereik waarin van die spelers op ‘n ruil-basis ingespan sal word.

In terme van die ooreenkoms sal die Haaie spelers aan die Cheetahs beskikbaar stel vir Internasionale en Curriebeker wedstryde en ook wanneer die onderskeie rugbykompetisies nie met mekaar oorvleuel nie.

Van die spelers kan moontlik reeds met die aanvang van die 2022 Curriebeker kompetisie beskikbaar wees.

Die Cheetahs het ook verder bevestig dat Ruan Pienaar en Tian Meyer by die Haaie op ‘n korttermyn basis gaan aansluit.

Mnr. Harold Verster en Dr. Eduard Coetzee, die onderskeie Hoof Uitvoerende Beamptes van die Toyota Cheetahs en die Cell C Sharks, het saamgestem dat die ontwrigting van die spel weens die Covid-19 pandemie en die ekonomiese implikasies ‘n groot impak op die spel gehad het.

Innoverende beplanning was noodsaaklik om goeie spelers en afrigters te behou en met hierdie ooreenkoms sal dit tot voordeel van beide unies wees.

Luister na potgooie hieronder