Die Toyota Cheetahs het die Airlink Pumas op die Mbombela-stadion in Nelspruit aangevat, maar dit is die tuisspan wat as oorwinnaars uit die naelbyt-SA Cup getree het met 46-38.

Die Pumas was Vrydagaand van die afskop af gevaarlik met belowende aanvalle, maar dit is die Cheetahs wat die eerste punte op die telbord gesit het.

Kort daarna het die Pumas die puntetelling verewen.

Netjiese hardlooprugby het die Pumas kort voor rustyd ’n onverdoelde drie besorg, wat hulle ’n baie dun voorsprong van 26-24 gegee het.

Minder punte is in die tweede helfte aangeteken, maar opwindende hardloopbewegings het daarvoor opgemaak.

Alhoewel die Pumas meer foute gedurende die wedstryd gemaak het, het hulle hul oorheersing in balbesit benut om die wedstryd met 46-38 te beklink.

error: Inhoud is beskerm !!