Die Toyota Cheetahs is vanmiddag terug in aksie

Die Toyota Cheetahs is vanmiddag terug in aksie waar hulle die Pumas in hul tweede wedstryd in die Curriebeker-reeks pak.

Die Vrystaters bevind hulle tans onderaan die punteleer maar sal die bordjies teen die onvoorspelbare Pumas wil verhang op soek na hul eerste oorwinning.

Daar is nege veranderinge aan die span gemaak wat twee weke gelede teen die Griekwas vasgeval het.

Die Cheetah kaptein, Ruan Pienaar het gesê dat hul teen die Poubloues sonder die gereelde voorspelers moes klaarkom en nou ook met ‘n jong en nuwe agterlyn die Pumas aandurf.

Pienaar het ook bygevoeg dat die jongelinge hul speelkans vandag ten volle moet benut. Die losskakel Brandon Thomson draf saam met die nuwe senterpaar Lesley Botha en Siya Masuku uit vir die drie-tal se Curriebeker-debuut in ‘n Cheetah trui.

En nog rugbynuus is dat die wedstryd tussen Suid-Afrika en Georgië wat vanaand om 7-uur op Ellispark sou plaasvind, afgelas is nadat beide kampe positief getoets het vir Covid-19.

Daar is 12 gevalle by die Bokke aangemeld terwyl die besoekers 4 bevestigings gehad het.

Die Springbokke speel oor twee weke in die 1ste toets teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad.

Luister na potgooie hieronder