Rugbyondersteuners se gebruiklike klanke van voorwedstryd-opwinding, sal vanmiddag uit eerbied, plek vir stilswye op die Toyota-stadion in Bloemfontein maak.

Dít ter nagedagtenis aan die ontslape rugbyreus, Theuns Stofberg. Stofberg was onder meer deel van die legendariese 1976-Springbokspan wat die All Blacks geklop het.

Hy was ook op die veld toe die Curriebeker in dieselfde jaar die eerste keer ‘n tuiste in die Vrystaat gekry het.

Stofberg het Woensdag aan sy wonde beswyk, nadat hy Maandagaand in ‘n motorongeluk buite Stellenbosch betrokke was.

Vanmiddag se wedstryd tussen die Toyota Cheetahs en die Western Force begin om vyfuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×