Die ooreenkoms waarvolgens Takatso Aviation 51% van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sou koop, gaan nie meer plaasvind nie. Die SAL sal nou weer 100% aan die staat behoort.

Maroela Media berig die Takatso konsortium en die departement van openbare werke het Donderdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê die onderhandelinge is gestaak.

Die twee partye kon nie ooreenkom oor die hersiende struktuur van die transaksie nie. Die partye het die afgelope drie jaar probeer om ‘n ooreenkoms te bereik. Die konsortium sou R3 miljard in die transaksie belê. 

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×