Die tropiese sikloon, Freddy, wentel nou sy kragtige maalkolk al nader aan die Moeder-kontinent, nadat dit gister verwoesting in Mauritius gesaai het.

Freddy se onstuitbare krag het meer as 7 500 mense op die eiland sonder elektrisiteit gelaat, en vliegtuie kon ook nie die baanblad hier verlaat of land nie.

Zimbabwe, Malawi, Botswana, Eswatini, Zambië en die noordelike dele van Suid-Afrika, kan ook weens die sikloon se buitekring swaar reën en oorstromings te wagte wees.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal die sikloon, indien hy sy verwagte patroon volg, Mosambiek se kuslyn en die noordelike dele van Suid-Afrika vanaf Vrydagaand begin teister.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×