Die tropiese storm Ida laat New York onder water

Inwoners van New York in die VSA is gewaarsku om dringend skuiling te vind, terwyl talle paaie weens die tropiese storm Ida gesluit is.

Weens grootskaalse oorstromings in veral Brooklyn en Queens, is ‘n noodtoestand ook afgekondig.

Honderde vlugte by die drie groot lughawens, LaGuardia, Newark en JFK, is gekanselleer.

Kragonderbrekings word dwarsoor New York ondervind.

Reenval van meer as 20cm diep word vandag verwag.

Intussen het ‘n tornado, Annapolis, sowat 50km buite New York getref.

Sewe mense is, sedert die storm Louisana Sondag bereik het, dood.

Luister na potgooie hieronder