Die datum vir die verhoor waar die Tshabalala-broers tereg sal staan vir die moord op Petrus Steyn op sy plaas Holfontein sal na verwagting Woensdag in die Bloemfontein hooggeregshof vasgestel word. Steyn is in September 2021 op sy plaas tussen Heilbron en Frankfort vermoor. Netwerk24 het vroeër berig die drie broers, tussen die ouderdomme van 28 en 51, het Steyn oorval en met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Sy rewolwer en kontant is ook gesteel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×