Die Tshwane-metro het ‘n inwoners gemaan om water spaarsaam te gebruik weens Rand Water se waterbeperkings. Die reservoirs wat die oostelike en noordelike dele van die stad bedien, word die ergste geraak. Wateronderbrekings het ‘n impak op inwoners regoor Pretoria omdat die toevoer deur Pretoria-Oos geskied na ander dele van die stad. Daar word berig dat die Garsfontein reservoir op ‘n kritieke lae vlak is. Die LUR vir Nutsdienste, Daryl Johnston, het inwoners gevra om nie tuine nat te lei en swembaddens vol te maak nie totdat Rand Water sy stelsel voldoende gestabiliseer het om die vloei na Tshwane weer te verhoog.
