Tshwane se nuwe onderburgemeester, Eugene Modise, is van agterstallige munisipale skuld van ses-honderd en 90 duisend rand beskuldig.

Luidens News24 is dit tydens ‘n “gelukswenstoespraak” deur die voormalige burgemeesterskomiteelid vir finansies, DA se Jacqui Uys, in die raad ná Modise se verkiesing, bekend gemaak.

Modise, wat ook die Stad se nuwe finansiële burgemeesterskomiteelid vir finansies en ANC-koukusleier is, het dit ontken en gesê sy rekening is betaal, hy het bygevoeg dat hy Uys gaan dagvaar omdat sy, ‘n raadslid se persoonlike inligting uitgebasuin het.

Volgens Uys is die inligting in Augustus na die raad gebring, en was dit dus reeds ‘n kwessie van openbare rekord.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×