Die tuinier wat ‘n leukemie-lyer in haar huis in Bloemfontein glo wreedaardig vermoor het, is gister in die hooggeregshof in die stad aan moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Die Volksblad berig voorts regter Lani Opperman het bevind die 40-jarige Joseph Mokhoele het Daleen Cameron, ‘n afgetrede eiendomsagent, op 23 November verlede jaar in haar huis in Bayswater met ‘n piksteel geslaan, haar vasgebind en haar toe keel-af gesny.

Die veroordeelde was ten tyde van die moord uit op parool nadat hy weens ‘n vermeende verkragting tronkstraf uitgedien het. Hy het ook ander veroordelings waaronder ontvoering en veediefstal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×