Die twee mans wat aangekla word van die Kestell-moorde op die plaas Lismor in die Vrystaat het hul borgtogaansoek in die Kestell-landdroshof laat vaar. Die twee verdagtes Kamohelo Motankisi en Lerato Selepe staan tereg op 12 aanklagte, wat sewe aanklagte van moord en twee van verkragting insluit. Luidens berigte kan verdere aanklagte bygevoeg word. Rosestad-nuus het vroeër berig die plaaseienaar, Alheit Smit, het Vrydagoggend die liggame van ses vroue, insluitend dié van sy vrou, en 17-jarige stiefseun, met skiet- en steekwonde in die plaashuis gevind. Die saak is tot 14 September vir verdere ondersoek uitgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×