Ongeveer 80% van mense wat die nuwe twee-pot stelsel gebruik het – en vroegtydig ‘n bedrag geld uit hul pensioenfondse onttrek het – het hierdie geld vir skuldverligting en basiese uitgawes gebruik.

Alexforbes, Suid-Afrika se grootste pensioenfondsadministrateurs, sê die totale waarde van twee-pot spaaronttrekkings wat teen einde Januarie verwerk is, het R7 miljard oorskry.

News24 berig meer as 370 000 lede het eise ingedien, waarvan 76% tussen 30 en 50 jaar oud is, wat hul hoë finansiële verantwoordelikhede beklemtoon.

Volgens Alexforbes het byna 60% van die eise gekom van lede met fondsbalanse onder R250 000, amper almal salarisse van minder as R550 000 verdien.

Volgens SARS het 2,4 miljoen Suid-Afrikaners reeds R43 miljard uit die twee-pot stelsel onttrek, met belasting van tot R12 miljard wat ingehou is sedert die stelsel in September 2023 ingestel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×