Fase 2-beurtkrag tot Donderdag ingestel

Eskom het gesê hy sal vandag nog reageer op die Suid-Afrikaanse Energereguleerder, of Nersa, se besluit om slegs ‘n gedeelte van sy prysverhogingsaansoek toe te staan.

Die prysverhogingsaansoek kan ook direk omskryf word as ‘n aansoek vir ‘n verhoging in inkomste.

Dít om Eskom se verbysterende skuldlas te probeer wis deur middel van ‘n tariefverhoging uit sy kliënte se sak, eerder as om die uitsaande skuld te in.

Die sukkelende kragvoorsiener het aanvanklik aansoek gedoen om sy elektrisiteitstarief met 32% te kan verhoog.

Die naaste wat Nersa egter hieraan gekom het, is die goedkeuring van ‘n steeds astronomiese verhoging van 18,6%.

Die tydsberekening van Nersa se besluit oor die hemelhoë elektrisiteitsprysverhoging is volgens meeste politieke partye, vakbonde, sakeondernemings en Jan-Alleman, totaal bisar.

Dit is veel meer as ironies, dat Eskom nou méér geld as ooit tevore wil hê en dan drasties minder krag as ooit tevore wil lewer.

Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het bevestig dat die kragvoorsiener nie nou kan sê vir hoe lank die toepassing van fase 6-beurtkrag vir 24 uit elke 24 uur die status quo sal bly nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×