Die United Democratic Movement, of UDM, het ‘n petisie by die parlement ingedien om puttoilette by skole te verwyder.
Die petisie, met meer as 5 000 handtekeninge, volg nadat ‘n 4-jarige dogtertjie in Maart vanjaar dood in ‘n puttoilet by haar skool in Glen Gray in die Oos-Kaap aangetref is.
‘n UDM-woordvoerder, Yongama Zigebe, het gesê hy bestempel die verpligte gebruik van puttoilette as ‘n misdaad teen die mensdom.
Nagenoeg 1 500 skole in die Oos-Kaap gebruik steeds puttoilette.
Limpopo het in die 2022 / 2023-boekjaar 100-en-40 miljoen rand ontvang om puttoilette met spoeltoilette te vervang.
In KwaZulu-Natal is daar steeds minstens 1 377 skole waar puttoilette gebruik word.
Rosestad-nuus het vroeër berig die Vrystaatse onderwysdepartement het gesê hy beoog om teen Februarie aanstaande jaar ontslae te wees van puttoilette wat nog by vyf skole in dié provinsie gebruik word.
Een van die vyf skole is in Bloemfontein.