Die United Democratic Movement lê die skuld vir die voortslepende konflik in die Gasa-strook, vierkant voor die deur van die internasionale gemeenskap, en hy sluit Suid-Afrika hierby in.

Nqabayomzi Kwankwa, UDM-LP, het heftig teen die westerse beskawing uitgevaar.

Hy reken die weste het jare lank ander pad gekyk, terwyl menseregteskendings volgens hom hoogty in Palestina vier.

Hy sê die ontstaan van erge konflik tussen Israel en Palestina, dateer terug na die halfpad-merk van die 20ste eeu.

Afrika-leiers is ook oor die kole gehaal.

Aldus Kwankwa moet die Moederkontinent se staatshoofde die konflik in die Midde-Ooste deur vredesonderhandelinge probeer oplos, soos met hulle poging rakende die oorlog tussen Rusland en Oekraïne.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×