Die uitbreking van cholera in Suid-Afrika “is erger as wat dit mag lyk,” en dringende ingryping is nodig om die verspreiding daarvan te bekamp.

Netwerk24 berig professor Jantjie Taljaard, hoof van aansteeklike siektes aan die Universiteit Stellenbosch, het bygesê daar is vir elke persoon wat baie siek is, ongeveer tien ander wat geringe of geen simptome het nie, maar wat steeds die siekte kan
oordra. Volgens Taljaard kan dié lewensbedreigende siekte landwyd versprei, mits
daar dringende ingryping is. Die basis van voorkoming is skoon water.

*** Intussen het ’n 50-jarige man van Noordwes positief vir cholera getoets. Dit is
die eerste geval in dié provinsie en bring die totale aantal provinsies met
cholera-gevalle op vyf te staan. Die jongste uitbreking het reeds 25 lewens in die
land geëis. In Hammanskraal, noord van Pretoria, is 23 mense dood, en een
pasiënt elk, is in die Vrystaat en Mpumalanga oorlede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×