Die jongste uitbreking van die kindersiekte, pampoentjies, in Suid-Afrika volg kort op die hakke van ‘n masels-uitbreking.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, of Nios, het ‘n uitbreking van pampoentjies in Suid-Afrika bevestig.

AfriNuus berig sedert die jongste uitbreking is minstens 1 322 pampoentjies-gevalle reeds hanteer.

In 2019 het 39% van pasiënte wat moontlik pampoentjies onder lede kon hê, positief daarvoor getoets.

Hierdie persentasie staan vanjaar reeds op 69%.

Intussen wil dit voorkom of masels-gevalle besig is om te stabiliseer.

In die week wat 5 Mei vooraf gegaan het, is geen nuwe masels-gevalle aangemeld nie.

Altesaam 976 gevalle van masels is tussen 11 Oktober 2022 en 24 April vanjaar in die land aangemeld.

Dit sluit ook gevalle in die Vrystaat in.

Nios, sowel as die Departement Gesondheid, het ‘n dringende beroep op ouers herhaal om toe te sien dat hulle kinders al die nodige inentings kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×