‘n UITERS KRITIEKE tekort aan skenkerbloed staar die hele Suid-Afrika in die gesig.

Gegronde vrees bestaan dat bloed én bloedprodukte, totaal uitgeput kan raak.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, of SANBS, het reeds voor die wintervakansie ‘n kritieke tekort aangemeld.

Ongelukkig is sy voorraad sedertdien steeds skerp aan die daal.

Die SANBS doen ‘n UITERS DRINGENDE beroep op álle kwalifiserende bloedskenkers om so gou moontlik te skenk.

Natalie Booysen, skakelbeampte van die SANBS in Bloemfontein het gesê hoewel die bloeddiens by letterlik élke skenker pleit, is dit
veral ‘n noodkreet om hulp van mense met O-tipe bloed.

Bloed uit die O-familie kan in ‘n noodgeval die lewe van pasiënte uit énige bloedgroep red.

Eersteskenkers moet tussen 16 en 75 jaar oud wees, en moet meer as 50 kilogram weeg.

Voornemende skenkers moet gesond wees wanneer hulle bloed skenk en moet ‘n leefstyl handhaaf waarvolgens die skenker se bloed as “veilig” beskou kan word.

Bloemfontein het bloedskenkpunte by Victorian Square in Westdene, Bloemplaza in die middedorp en in die Southern Centre in Fichardtpark.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×