Dit gaan volgens die adjunkminister van Binnelandse Sake, Njabulo Nzuza, ‘n duur storie wees om korrupsie in die departement heeltemal uit te roei.

Hy voeg by dit sal wel die moeite werd wees om dit te doen en dat die uitskakeling van die groen strepieskode-identiteitsdokumente onder andere sal help om bedrog te verminder.

Die departement het Dinsdag die parlement se portefeuljekomitee ingelig oor die vordering wat gemaak is om die verrotting binne die departement uit te roei.

Nzuza sê dat bedrieglike identiteitsdokumente wat aan buitelandse burgers uitgereik is, wydverspreide gevolge op die land se staatskas het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×