Die LUR vir omgewingsake in die Vrystaat het reg opgetree deur permitte uit te reik vir die uitvoer van tien leeus na Laos, het die minister van omgewingsake, Barbara Creecy gesê. Dit volg na skriftelike parlementêre vrae van die DA oor die uitvoer van die lewendige leeus na dié Oos-Asiatiese land. Netwerk 24 berig Creecy het gesê die Cites-permitte is wettig omdat die wetgewing wat vereis dat die diere se welstand in ag geneem moet word, nog nie van krag was nie. Laos is volgens Ban Animal Trading, of BAT, bekend vir sy grootskaalse sluikhandel. Creecy het gesê die nuwe wetgewing wat die welstand van wilde diere reguleer, het eers op 30 Junie van krag geword. Creecy het op 20 September ‘n voorgestelde beleidstandpunt in die staatskoerant gepubliseer wat voorstel dat die teling en aanhouding van leeus vir kommersiële doeleindes beëindig word. Die sluit van die teelplase sal ook ‘n einde bring aan die uitbuiting van leeus in aanhouding, het sy gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×