Gregory Nthatisi is skynbaar die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Mangaung-metro.
Polediso Motsoeneng, sekretaris van die ANC in die Vrystaat het verlede week vermeld die ANC het drie kandidate vir die pos.
Netwerk24 berig Lulama Titi-Odile, ‘n burgemeesterskomiteelid vir finansies en Lawrence Mathae, ANC-voorsitter in die Mangaung-streek is die ANC se ander twee kandidate.
Nthatisi is ‘n Umkhonto we Sizwe veteraan. Hy word deur talle, wat sélfs rolspelers van opposisiepartye, as die mees geskikte kandidaat van die drie bestempel.
Die metro se burgemeestersposisie is vakant, aangesien die voormalige uitvoerende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, gevra het om te bedank.