Die uMkhonto weSizwe-party sê alle vreedsame stappe, om gehoor aan sy griewe oor die verkiesing te gee, val op dowe ore. Die party hou vol dat die algemene verkiesing ‘n bedrogspul is, en het glo bewyse van wydverspreide onreëlmatigheid in die stemproses en -stelsel. Aldus MK, hou die Verkiesingskommissie, asook die Konstitusionele Hof, egter aan om sy bewyse te ignoreer. Nhlamulo Ndlela, MK-partywoordvoerder, sê aan die hand van ‘n verklaring deur Jacob Zuma, dis terug na die verkiesingshof, om die geldigheid van die uitslae te betwis.

Ndhlela sê die MK-party sal nou deel vorm van die Progressive Caucus-koalisie, waarvan die EFF en die UDM ook deel is. Dié alliansie sal, bykans 30% van die setels in die Nasionale Vergadering hê. Volgens Ndhlela is hierdie koalisie nodig, omdat die verkiesing gelei het tot die konsolidasie van regs gesindes. Hy sê hierdie groep is gekant teen ekonomiese vryheid, radikale ekonomiese transformasie, rassegelykheid en grondbesetting. Met 14,6% van stemme, het die uMkhonto we Sizwe-party, ‘n stokkie gesteek voor die ANC se kans op ‘n volstrekte meerderheid. MK het Vrydag se eerste sitting van die Nasionale Vergadering geboikot.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×