Die Uniegeboue-kompleks in Pretoria tel nou onder wêrelderfenisterreine soos die Kremlin in Rusland, en Indië se Taj Mahal. Die 46ste Unesco Wêrelderfeniskomitee het ook sekere Mandela Legacy-persele tot die gesogte lys gevoeg.
Dit sluit Constitution Hill, Liliesleaf, Sharpeville, Walter Sisulu Square en die Universiteit van Fort Hare in. Vincent Magwenya, woordvoerder vir die presidensie, sê die stryd teen apartheid en rekonsiliasie in Suid-Afrika bly steeds ‘n bron van internasionale inspirasie.