Die Universiteit Stellenbosch gaan die deure van sy Wilgenhof-koshuis sluit. Die besluit volg op aanbeveling van ‘n paneel wat die bewerings van onaanvaarbare koshuistradisies ondersoek het.
Rosestad-nuus het vroeër berig die land is laat Januarie geruk, toe daar afgekom is op moontlike bewyse van erg omstrede ongroeningsmetodes, en ander ongerymdhede.
Talle foto’s en sketse, wat as “erg aanstootlik” beskou kan word, is ook op sosialemedia versprei. Volgens sekere bronne leef hierdie tradisies reeds dekades lank in die koshuis vir mans voort.