Die Universiteit van die Vrystaat, of UV, het sy akademiese jaar gister sonder enige voorvalle van geweld of protes begin.
Volksblad berig daar was verlede week sporadiese voorvalle van ontwrigting op sy Bloemfontein-kampus.
Jabu Mbalula, woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, het vroeër gesê die party is diep bekommerd oor die gewelddadige gedrag wat uit verlede week se protes-optrede gevolg het.
Twee studente is hieroor deur die polisie in hegtenis geneem.
Die UV se direkteur van kommunikasie en bemarking, Lacea Loader, het gesê verlede week se ontwrigting deur ‘n groep studente, het by registrasiepunte op die kampus
plaasgevind.
Die studente se optrede hou skynbaar verband met ontevredenheid oor sekere aspekte van die nasionale finansiële hulpskema vir studente.