Die Universiteit van die Vrystaat beskou voorvalle van geslagsgeweld as ernstig en tree daarteen op ingevolge sy beleid oor seksuele teistering, seksuele wangedrag en seksuele geweld. So sê Lacea Loader, woordvoerder van dié universiteit, nadat die EFF se studentebeweging, of EFFSC, gister die UV daarvan beskuldig het dat hy ‘n beweerde verkragtingsgeval onder die mat wou invee. Die Volksblad berig die EFFSC het Dinsdag op die Bloemfonteinse kampus betoog toe die takvoorsitter, Mpumelelo Xulu, gesê het die beweerde voorval het glo meer as ‘n maand gelede plaasgevind en dat die UV nog nie openbaar kennis hiervan erken het nie. Volgens Xulu is die vermeende verkragter ‘n huiskomiteelid van een van die koshuise. Loader het gesê die beweerde voorval is in Maart, dieselfde maand as waarin dit glo plaasgevind het, by die relevante universiteitstrukture aangemeld en ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×