Gerhard Venter, lektor in die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, is onlangs in ’n PhD-posisie aan die Noorse Universiteit vir Milieu- en Lewenswetenskappe aangestel, ná mededinging teen aansoekers van regoor die wêreld.
Volgens ‘n berig van die Universiteit van die Vrystaat is Venter betrokke by die Grid-verwante Navorsingsgroep by die UV, waar hy sy teoretiese kennis van netwerke op praktiese probleme toepas.
Terselfdertyd het ’n top-matrikulant van 2024 homself by die Kovsie-familie aangesluit.
Jurie Blignaut gaan vanaf 2025 MBChB aan die UV studeer. Blignaut, ‘n oudleerder van die Hoërskool Rustenburg, was een van die 14 finaliste in die 2024 Matriekleerling van die Jaar-kompetisie.
1 Comment
Comments are closed.