Die Universiteit van die Vrystaat, of UV, se akademiese samewerkingsooreenkoms met die Universiteit van Haifa in Israel, gaan voort.

Luidens ‘n UV-verklaring lewer samewerking reeds sedert 2018 uitstekende resultate met betrekking tot wetenskaplike literatuur en verskeie akademiese projekte.

Die ooreenkoms ontlok fel kritiek uit sekere oorde, met die Israel-Palestina-konflik en menseregteskending as brandpunte.

Die UV sê egter hy is daartoe verbind om ‘n balans tussen akademiese betrokkenheid en sosiale verantwoordelikheid te vind.

Die hernuwingsbesluit berus onder meer op die Universiteit van Haifa se verbintenis tot ‘n liberale benadering met betrekking tot akademiese vryheid en politieke sensitiwiteit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×