Die Universiteit van die Vrystaat vereer sy sportsterre

Die Universiteit van die Vrystaat het gister hulde gebring aan die Kovsie-netbalspan, asook die Paralimpiese atleet Louzanne Coetzee, na hulle uitstaande vertonings die afgelope tyd.

Prof. Francis Petersen, rektor van UV en vise-kanselier, het sy trots uitgespreek oor die sportlui se prestasies op plaaslike,
sowel as internasionale vlak.

Die netbalspan is die wenners van vanjaar se Varsity-netbaltoernooi, terwyl Coetzee’n silwer- en brons medalje verower het op die pas afgelope Paralimpiese Spele in Tokio.

Luister na potgooie hieronder