Suid-Afrikaanse studente het nie hul kanse verbrou om hul staal te wys wanneer dit by bier kom nie – en dié keer nogal nié deur partytjie te hou nie.

Spanne van 15 universiteite en tersiêre instellings van oor die land heen, het onlangs aan die 15de jaarlikse intervarsity-bierbrou-kompetisie in Bloemfontein deelgeneem.

Dié kompetisie is by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, of SUT, aangebied.

Spanne van vyf lede elk, van so ver soos Kaapstad en KwaZulu-Natal, het hier meegeding in meer as 50 kategorieë.

Volksblad berig die insiatief het destyds ontstaan, toe twee nagraadse studente van die SUT ‘n boetiekbrouery by die SUT wou begin.

Die Universiteit van Kaapstad kan vanjaar sy glas met die beste bier van die kompetisie lig en die Stellenbosch-universiteit se botteltjies blyk rakgereed te wees, nadat hulle volgens die beoordelaars met die beste bierbottel-etiket vorendag gekom het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×