Die Universiteit van Stellenbosch het ’n nie-hormonale voorbehoedmiddel vir mans ontwikkel.
News24 berig Dr. Kyla Raoult het onlangs haar meestersgraad in Polimeerwetenskap voltooi en het ’n op-aanvraag hidrogel ontwikkel wat as ’n omkeerbare, nie-hormonale voorbehoedmiddel vir mans gebruik kan word.
Raoult verduidelik dat die hidrogel, wat ingespuit word, swel in reaksie op liggaamsvloeistowwe en ’n semi-deurlaatbare versperring vorm.
Sperm word geblokkeer en deur die liggaam geabsorbeer, soos na ’n vasektomie, maar hierdie metode is volledig omkeerbaar.
Hierdie tegnologie bied mans meer opsies om hul vrugbaarheid te beheer sonder die newe-effekte van hormonale middels.
Raoult beklemtoon dat dit ‘n bydrae tot geslagsgelykheid in voorbehoeding kan lewer deur mans en vroue meer verantwoordelikheid vir veilige sekspraktyke te gee.