’n Ondersoek na bewerings van nepotisme teen die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, professor Wim de Villiers, het bevind dat hy geen reël of beleid van die universiteit oortree het nie. Die US se nepotisme beleid is slegs op toepassing van personeel-aanstellings. Die ondersoek wat gelei was deur die afgetrede regter, Carole Lewis, het die bevindinge gister tydens ‘n raadsitting voorgelê.Die bewerings teen De Villiers kom nadat hy sy diskresionêre plasings gebruik het om toelating aan twee familielede te gee om aan die instelling te studeer. Die US gaan nou sy nepotisme beleid en ander verwante beleide hersien. De Villiers kan moontlik sy jaarlikse prestasiebonus verloor.
