Die raad van die Universiteit van Suid-Afrika, of Unisa, het nie minder nie as vier regsaksies teen die minister van hoër onderwys en opleiding, aanhangig gemaak.

Rosestad-nuus het vroeg in Augustus berig minister Blade Nzimande wil Unisa onder administrasie plaas.

Ingevolge wetgewing wat hom bemagtig om so ‘n stap te neem, sal die raad van universiteit met die aanstelling van ʼn administrateur ontbind word.

‘n Onafhanklike ondersoek toon skynbaar R176 miljoen word aan universiteitspersoneel se salarisse bestee.

Die bedrag verteenwoordig 78% van die universiteit se totale begroting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×