Die uurglas loop nou vinnig leeg vir president Cyril Ramaphosa om die omstrede Verkiesings-wysigingswetsontwerp te onderteken.

Môre is D-dag om die sperdatum wat hiervoor deur die konstitusionele hof aan hom gegee is, te haal.

Dié wetsontwerp maak voorsiening vir onafhanklike kandidate om in verkiesings – op provinsiale en nasionale vlak – mee te ding om setels.

Die hof het vroeër bevind die Kieswet is ongrondwetlik, omdat dit nie ruimte vir onafhanklike kandidate maak nie.

Intussen gaan die winde van verandering waarskynlik vroeër eerder as later deur die kabinet waai.

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandeesweek nog die herrangskikking van sy kabinet bekend maak.

Strategiese kabinet-skuiwe word reeds sedert die begin van die jaar verwag, nadat die ANC se top-ses einde verlede jaar by sy 55ste nasionale konferensie verkies is.

Ramaphosa het skynbaar klaar met rolspelers en raadgewers beraadslaag, en behoort flussies sy besluite met sy mede-Suid-Afrikaners te deel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×