Ter viering van die In-die-skadu program het die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Regsgeleerdheid Fakulteit en die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika ‘n amptelike memorandum van verstandhouding onderteken.

Die UV sê op sosialemedia hierdie vyfjaar-vennootskap sal derde- en finalejaarregstudente van praktiese prokureurservaring voorsien, wat die gaping tussen teorie en praktyk oorbrug.

Die program wat deur die UV se Dekaan van die Regsgeleerdheid Fakulteit, prof Serges Kamga, geïnisieer is begin op Maart 2025 en sal toekomstige regslui toerus met die praktiese vaardighede wat vir die veld nodig is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×