Die Universiteit Vrystaat ondersoek ‘n beweerde rassistiese voorval waartydens ‘n eerstejaarstudent glo ‘n klasmaat op die Bloemfontein-kampus ‘n rassistiese woord toegesnou het. Die beweerde voorval het glo op 14 September gebeur. Die UV het in ‘n verklaring gesê hulle beskou die voorval in ‘n baie ernstige lig en het dringend ‘n formele ondersoek na die beweerde voorval van stapel gestuur. Die universiteit het gesê hy veroordeel enige vorm van rassisme onder sy studente en personeel en sal beslis optree indien die studente nie in ooreenstemming met die universiteit se waardes opgetree het nie. Netwerk 24 het vroeer berig dat Afriforum Jeug ‘n sosiologie-dosent, dr. Pedro Mzileni by die UV verkla en ‘n dag later by die Menseregtekommissie, of MRK, na verskeie rassistiese aanmerkings op 25 Julie. Die universiteit het glo hierdie ondersoek afgehandel maar wou nie oor die uitslag uitwei nie. Die MRK het ingestem om die klag teen Mzileni te ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×