*** Hierdie jaar het die Universiteit van die Vrystaat (UV) twee merkwaardige oudstudente vir hul uitstaande bydraes vereer.
Volgens ’n berig op die UV-webtuiste is Jaco Peyper as die Kanselier se Uitstekende Alum van die Jaar aangewys.
LEES MEER: UV Slyp hul Diamante
Hy is as die sesde mees ervare toetsskeidsregter in die geskiedenis vir sy toewyding en deursettingsvermoë vereer.
Intussen het Retshegofaditswe Nché, bekend as ‘Ox,’ die Jong Alum van die Jaar-toekenning ontvang.
Hy het as ’n Shimla in die Universiteitsbeker sy stempel afgedruk en later sy buiging vir die Springbokke gemaak.