Die vakbond Nehawu verwelkom die LUR vir Gesondheid, Sindiswa Gomba, se skorsing

Die vakbond Nehawu in die Oos-Kaap het die premier, Oscar Mabuyane, se besluit verwelkom om die LUR vir Gesondheid, Sindiswa Gomba, te skors.

Mabuyane het op ‘n nuuskonferensie bekendgemaak dat Gomba van haar pligte onthef is.

Dit volg nadat sy aangekla is van bedrog in verband met die reëlings vir oudpresident Nelson Mandela se begrafnis ‘n aantal jaar gelede.

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolile Nqaba, sal in Gomba se portefeulje waarneem.

Nehawu het onlangs geëis dat Gomba uit haar amp verwyder word.

Luister na potgooie hieronder